Organisasie van Islamitiese Samewerking

Vlag van die Organisasie van Islamitiese Samewerking sedert 2011
Vlag van die Organisasie van Islamitiese Samewerking tot 2011
Hoofkantoor van die Organisasie van Islamitiese Samewerking in Djedda, Saoedi-Arabië

Die Organisasie van Islamitiese Samewerking (Arabies: منظمة التعاون الإسلامي, Munaẓẓamat at-Taʿāwun al-islāmī; Engels: Organisation of Islamic Cooperation, OIC; Frans: Organisation de la coopération islamique, OCI) is 'n internasionale organisasie wat uit 57 lande bestaan. Die organisasie poog om die kollektiewe stem van die Moslem-wêreld te verteenwoordig. Hulle doel is om die belange, vooruitgang en welsyn van Moslems te beskerm.

Die OIC handhaaf 'n permanente afvaardiging by die Verenigde Nasies en is die grootste internasionale organisasie buite die VN.[1] Die amptelike tale van die OIC is Arabies, Engels en Frans. Die gesamentlike bevolking van die OIC word op ongeveer 1,6 miljard mense geskat. Die hoofkantoor van die OIS is in Djedda, Saoedi-Arabië, geleë.

Die OIS is op 25 September 1969 gestig en het aanvanklik 25 lede gehad. Hulle het hul naam op 28 Junie 2011 van Organisasie van Islamitiese Konferensie na die huidige naam verander.[2]

  1. (en) US Department of State. "Special Envoy to the Organisation of the Islamic Conference (OIC)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2017. Besoek op 16 Februarie 2012.
  2. (en) OIC verander hul naam en embleem Geargiveer 23 Oktober 2014 op Wayback Machine, Pakistan Observer

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search